Mensaap

Mensape
Tydperk: Mioseen-Holoseen
'n Soematraanse orangoetang, Pongo abelli.
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Primates
Suborde: Haplorhini
Infraorde: Simiiformes
Parvorder: Catarrhini
Superfamilie: Hominoidea
Gray, 1825[1]
Tipespesie
Homo sapiens
Linnaeus, 10de uitg. van
Systema Naturae, 1758
Families

suster: Cercopithecoidea

Mensape (saam bekend as Hominoidea) is 'n klade Ouwêreldse ape wat inheems is aan Afrika en Suidoos-Asië. Saam met sy sustersgroep, Cercopithecidae, vorm dit die klade Catarrhini. Die Nuwe Wêreld se ape het vroeër van dié van die Ou Wêreld afgeskei deur hulle oorkant die Atlantiese Oseaan te vestig. Hulle word van ander primate onderskei deur 'n groter graad van bewegingsvryheid by die skouerblad, wat ontwikkel het danksy die swaai aan takke. Mensape het nie sterte nie, blykbaar vanweë 'n mutasie van die TXBT-geen.[2]

Daar is twee oorlewende takke van die superfamilie Hominoidea: die gibbons, of langarmape, en die hominiede, of groot ape.

  • Eersgenoemde, die familie Hylobatidae, sluit vier genusse en altesaam 20 spesies gibbons in, wat almal inheems aan Asië is. Hulle kom baie in bome voor en is tweevoetig op die grond. Hulle het ligter lywe en kleiner sosiale groepe as die groot ape.
  • Die familie Hominidae ("hominiede"), die groot ape, sluit ook vier genusse in en bevat drie lewende spesies orangoetangs en hulle subspesies; twee lewende spesies gorillas en hulle subspesies; twee lewende spesies van die genus Pan (bonobo's en sjimpansees) en hulle subspesies; en die mens in 'n enkele lewende subspesie, Homo sapiens sapiens.

Buiten die gorilla en die mens is hominoïede ratse boomklimmers. Hulle eet 'n verskeidenheid plante en soorte vleis, veral plantvoedsel: Dit sluit in vrugte, blare, wortels en sade, insluitende neute en grassade. Mense se dieet verskil soms heeltemal van dié van ander hominoïede veral vanweë die ontwikkeling van tegnologie en 'n groot verskeidenheid habitats. Die mens is verreweg die talrykste van al die Hominoidea-spesies; daar is sowat 'n paar duisend van hulle vir elke ander primaat.

Alle niemenslike hominoïede is skaars en word bedreig. Die grootste bedreiging is 'n verlies van tropiese reënwoude en die feit dat hulle vir bosvleis gejag word. Ook die ebola-virus staar die mensape van Afrika in die gesig. Ebola-infeksies word beskou as die grootste bedreiging vir die oorlewing van die Afrika-mensape. Dit was sedert 1990 verantwoordelik vir die dood van minstens 'n derde van alle gorillas en sjimpansees.[3]

  1. Gray, JE. "An outline of an attempt at the disposition of Mammalia into tribes and families, with a list of the genera apparently appertaining to each tribe". Annals of Philosophy. New Series. 10: 337–344. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2022. Besoek op 5 Julie 2022.
  2. Xia, Bo; Zhang, Weimin; Wudzinska, Aleksandra; Huang, Emily; Brosh, Ran; Pour, Maayan; Miller, Alexander; Dasen, Jeremy S.; Maurano, Matthew T.; Kim, Sang Y.; Boeke, Jef D. (16 September 2021). "The genetic basis of tail-loss evolution in humans and apes" (in Engels). doi:10.1101/2021.09.14.460388. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  3. Rush, J. (23 Januarie 2015). "Ebola virus 'has killed a third of world's gorillas and chimpanzees' – and could pose greatest threat to their survival, conservationists warn". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2015. Besoek op 26 Maart 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search